Artritis en Gewrigspyne

As jy aan artritis en gewrigspyne ly, kan jy die volgende probeer:

Nr.

Wenke

1 Drink gereeld Omega 3, 6 en 6 olie kapsules en yster aanvullings.
2 Eet geel voedselsoorte soos Appelkose, Spanspek, Lemoene en Perskes. Oranje pampoen, lemoensap en waatlemoen kan artritis voorkom.
3 Eet okkerneute, soyabone en vetterige vis op ‘n gereelde basis.
4 Meng 2 koppies Quaker Oats en 1 koppie water in ‘n bak. Verwarm dit dit vir 1 minuut in die mikrogold. Laat dit effens afkoel en smeer die mengsel op jou hande vir erge artritis pyn.
5 Meng ‘n 2 liter bottel water met 2 eetlepels heuning, 2 eetlepels kaneel, 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer. Meng dit goed en drink 3 maal per dag. Plaas die drankie in die yskas.
6 Meng ‘n 2 liter bottel water met 6 eetlepels engelse sout met die sap van 10 suurlemoene. Drink dit 3 maal per dag
7 Vir atritis pyne: Meng 1 houer Camphor-room met 10 pakkies Grandpa poeier en smeer gereeld aan die dele waar dit pyn.

Hoofpyn

Die volgende paar wenke sal jou dalk help om jou hoofpyne te laat verdwyn:

Nr.

Wenk

1 Drink 1 teelepel heuning in 1 koppie swart koffie.
2 Maak ‘n lappie nat met asyn en strooi fyn kaneel daaroor. Sit dan die lappie teen die voorkop.
3 Maak pluisies en steek dit in balsemvita. Plaas in die oor en smeer ook balsemvita op die slape.
4 Meng 1 eetlepel kasterolie en 1 eetlepel parriefien. Smeer dit bo-op die kop. Gaan lĂȘ ‘n rukkie.
5 Meng 1 pakke engelse sout, 1 bottletjie rooi poeier of 1 pakkie kremetart en 1 eetlepel fyngeaakte aluin. Neem ‘n mespuntvol op die tong gegooi 3 maal per dag.
6 Trek roosmaryn soos ‘n sterk tee en versoet met heuning.
7 Vir ‘n spannigshoofpyn: gooi een eetlepel heuning in a halwe glas warm water. Hierdie mengsel werk effektief want heuning werk kalmerend.