Hoes

As jy enige probleme moet hoes ondervind, kan jy die volgende probeer:

Nr.

Wenk

1 As jy ‘n hoesmiddel nodig het, meng heuning in water met suurlemoensap of appelasyn.
2 Meng 1 bottel heuning met die volgende Lennon produkte: 1 bottel Peppermentdruppels, 1 bottel Borsdruppels, 1 bottel Jamaika Gemmer, 1 bottel Turlington, 1 bottel Paragora, 1 bottel Epejuana Tinktuur en 1 klein botteljie roulynolie. Meng allees saam en kook vir 5 minute. Gooi dit in ‘n bottel. Vat 2 groot slukke of 2 groot eetlepelsvol op ‘n slag.
3 Meng 1 bottel Witdulsies, ‘n kwart bottel Borsdruppels, 2 teelepels Paragorie, 1 bottel Roulynolie, 1 bottel Turlington, 1 eetlepel assyn, 500g Heuning en Pepperment druppels na smaak.
4 Meng 2 bottlejies borsdruppels, 125ml vars suurelemoen sap en ‘n halwe bottel heuning. Neem een eetlepel daarvan 3 keer per dag. Moet nie in die yskas bêre nie.