Kroep

As enige iemand aan kroep ly, kan die volgende wenke jou dalk help:

Nr.

Wenke

1 Gee die siek persoon soet tee met 2ml mostert om te drink. Dit sal die persoon laat opbring en van die slym ontslae raak. Meng 1 teelepel aluin en 2 teelepels suiker goed saam. Gee die persoon elk 2 uur ‘n kwart teelepel van die mengsel in.
2 Gee vir die kind sterk soutwater om te drink. Hy of sy sal die slym opbring.
3 Meng 1 koppie heuning met 1 teelepel bakpoeier goed saam en gee vir die kind 1 teelepel daarvan. Dit sal die slym baie gou losmaak. Die mengsel kan in ‘n flessie met ‘n skroefdeksel gebêre word en gebruik word soos nodig.
4 Meng 2 eetlepels melk en 2 teelepels gliserine. Gee dit vir die kind om te drink. Dit sal veroorsaak dat die kind opbring en die slym sal uitkom.
5 Smelt 1 teelepel vaseline en gooi 20 druppels borsdruppels in. Gee dit so warm as moontlik vir die kind. Indien die kroep erg is, kan jy dit kort-kort ingee
6 Sny een wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat dit staan sodat dit ‘n stroop kan trek. Gee dan 1 teelepel van die stroop elke uur om die hoes en kroep te breek.
7 Was die kind se bors en hals met yswater. Dit sal help om die bors oop te maak. Droog hom goed af en maak warm toe.
8 Laat die kind soveel koue water drink as wat hy of sy kan. Dit help met asemhaling.