You are currently viewing Wintershande en Atleetsvoete

Wintershande en Atleetsvoete

As jy probleme ondervind met wintershande en atleetsvoete, het jy ‘n paar oplossings:

  • As dit wit geryp is in die oggend moet jy kaalvoet in die ryp gaan loop en ook jou hande op die gras vee waar dit geryp is. Dit help vir die pynlike wintershande en -voete.
  • Gooi ‘n halwe koppie melk, die sap van 1 suurlemoen, 1 eetlepel spiritus en 1 teelepel gliserien in ‘n botteljie. Skud goed sodat dit meng. Smeer dit aan.
  • Koop “Circulation Formula” van Dr Vogel of “Emulsifying Ointment BP” of “Miracle Comfrey of Traxa”.
  • Koop leĆ« kapsules en vul hulle met “Cayenne Pepper”. Drink een daagliks.
  • Kry ‘n voorskrif vir “paroven” pille by jou dokter.
  • Maak ‘n wattetjie nat met Lennon se Witdulsies en smeer dit aan. Dit sal jeuk vir die eerste rukkie maar daarna kalmeer dit.
  • Meng 1 botteltjie turlington, 1 blik boorsalf, 1 blik zinksalf en dieselfde hoeveelheid Vaseline as boorsalf goed saam en smeer dit aan jou voete.
  • Meng ‘n klein blikke Camphor room met 5 pakkies grandpa poeier. Smeer dit 3 keer per dag aan jou hande en voete.
  • Meng kerswas en parrafin 50/50. Smeer dit soggens en saans aan.
  • Gebruik melksalf of meng olyfolie en suiker. Vryf dit goed in en spoel die suiker af. Droog liggies af en vryf die hande tot al die olie ingevryf is.
  • Smeer turlington ‘n paar keer per dag aan.
  • Smeer lampolie or terpentyn aan.
  • Smeer spiritus, friars balsam en dan babapoeier aan vir die taaiheid. Let op dat dit wel gaan brand en dis nie geskik vir mense wat allergies is vir seekos (jodium) nie.
  • Meng 2, 500 gram potjies aqueous room, 50ml gliserien, 1 klein botteljie reuklose Vaseline, 100 gram Johnson’s babapoeier saam. Smeer dit mildelik aan die aangetaste dele.