Aknee en Puisies

As jy ‘n probleem met aknee en puisies ondervind, sal jy ‘n paar wenke vind wat jou dalk sal help:

1 Smeer aartappelskil daagliks aan jou vel.
2 Jy kan ‘n rooibostee-sakkie baie sterk laat trek en jou gesig soggens en saans daarmee was of gebruik ‘n stukkie watte om die tee op jou gesig te smeer.
3 Meng 1 pakke kremetart met 2 pakkies engelse sout en gooi dit in 1 groot bottel water. Skud goed sodat dit kan oplost. Neem elke oggend 1 eetlepelvol op ‘n nugter maag.
4 Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot ‘n pasta vorm. Smeer dit aan puisies net voor slaap tyd en was dit die volgende oggend af met lou warm water. Dit neem 2 weke om ontslae te raak van puisies.
5 Sit bietjie appelasyn of rou uie op jou puisies en laat dit oornag daar bly.
6 Smeer tandepaste aan puisies voor jy gaan slaap. Die puisie droog uit deur die nag en dit sal die volgende oggend geel wees. Maak dit dan skoon met alkohol, maar as jy nie mediese alkohol het nie kan jy iets soos whiskey gebruik.
7 Smeer vars suurlemoen sap aan jou puisies.
8 Spons jou gesig gereeld met verdunde suurlemoensap.