Eelte

As jy sukkel met eelte, kan jy die volgende doen:

  • Week jou voete elke aand in baie warm water  en droog dit goed af. Smeer geel waghries aan ‘n lappie in strooi fyn tafelsout daarop. Bind dit om die voet en gaan slaap so. Herhaal die proses totdat die eelt weg is.
  • Gooi 1 koppie growwe sout in ‘n halwe koppie lampolie. Skud aanhoudend tot dit opgelos is. Smeer dit soggens en saans aan die voete.
  • Maak ‘n klein botteltjie aspirien pille soos Disprins goed fyn. Meng dit met 1 bottletjie reuklose vaseline. Smeer dit soggens en saans aan die eelte.
  • Meng die volgende saam in ‘n botteltjie: 1 eetlepel kasterolie, 1 eetlepel gliserien en 1 eetlepel jodium. Week eers die voete in warm water met koeksoda in. Droog jou voete goed af. Smeer die mengsel elke oggend en aand aan die voete en die pyn sal gou verdwyn.
  • Smeer kamferolie 3 keer ‘n dag aan.
  • Smeer 3 maal ‘n dag asyn op die eelte.
  • Smeer elke aand na jy gebad het, tandepaste aan die eelte.
  • Smeer soggens en saans terpentyn aan die eelte. Hulle sal uitdroog en uitval.
  • Vat die skil van ‘n piesang en sny dit so groot soos die eelt. Plaas die binnedeel op die eelt en maak dit toe met ‘n kleefpleister. Maak seker dat die skil nie skuif nie en vervang dit na ‘n paar dae.

Wintershande en Atleetsvoete

As jy probleme ondervind met wintershande en atleetsvoete, het jy ‘n paar oplossings:

  • As dit wit geryp is in die oggend moet jy kaalvoet in die ryp gaan loop en ook jou hande op die gras vee waar dit geryp is. Dit help vir die pynlike wintershande en -voete.
  • Gooi ‘n halwe koppie melk, die sap van 1 suurlemoen, 1 eetlepel spiritus en 1 teelepel gliserien in ‘n botteljie. Skud goed sodat dit meng. Smeer dit aan.
  • Koop “Circulation Formula” van Dr Vogel of “Emulsifying Ointment BP” of “Miracle Comfrey of Traxa”.
  • Koop leë kapsules en vul hulle met “Cayenne Pepper”. Drink een daagliks.
  • Kry ‘n voorskrif vir “paroven” pille by jou dokter.
  • Maak ‘n wattetjie nat met Lennon se Witdulsies en smeer dit aan. Dit sal jeuk vir die eerste rukkie maar daarna kalmeer dit.
  • Meng 1 botteltjie turlington, 1 blik boorsalf, 1 blik zinksalf en dieselfde hoeveelheid Vaseline as boorsalf goed saam en smeer dit aan jou voete.
  • Meng ‘n klein blikke Camphor room met 5 pakkies grandpa poeier. Smeer dit 3 keer per dag aan jou hande en voete.
  • Meng kerswas en parrafin 50/50. Smeer dit soggens en saans aan.
  • Gebruik melksalf of meng olyfolie en suiker. Vryf dit goed in en spoel die suiker af. Droog liggies af en vryf die hande tot al die olie ingevryf is.
  • Smeer turlington ‘n paar keer per dag aan.
  • Smeer lampolie or terpentyn aan.
  • Smeer spiritus, friars balsam en dan babapoeier aan vir die taaiheid. Let op dat dit wel gaan brand en dis nie geskik vir mense wat allergies is vir seekos (jodium) nie.
  • Meng 2, 500 gram potjies aqueous room, 50ml gliserien, 1 klein botteljie reuklose Vaseline, 100 gram Johnson’s babapoeier saam. Smeer dit mildelik aan die aangetaste dele.

Vratjies

As jy sukkel met vratjies op jou lyf, kan die volgende jou dalk help:

Nr.

Wenke

1 Krap die vratjies stukkend en strooi fyn tafelsout daarin.
2 Maak ‘n stukkie houtskool fyn en meng dit met vars room tot dit pap is. Smeer dit aan die vratjie 2 maal per dag.
3 Meng ‘n bietjie sout en asyn. Smeer dit dan aan die vratjies voor jy gaan slaap.
4 Smeer die melksap van ‘n melkbos of vyeboom aan die vratjie. Dit sal jeuk maar hou aan daarmee tot die vratjie afval.
5 Smeer kort-kort pepermentdruppels, Jamaika gemmer of Tee tree-olie aan.
6 Sny ‘n ui of aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat.
7 Vat ‘n stukkie watte en doop dit in asyn. Tik dit dan aan die vratjies 3 maal per dag.
8 Verf die vratjies met kleurlose naellak. Dit versmoor die vratjie en dit sal doodgaan.
9 Vat ‘n dun suurlemoenskyfie en doop dit in asyn. Plaas dit met ‘n pleister aan die vratjie en los dit oornag. Vervang dit elke 5 dae.
10 Sit Krokasalf op. Gebruik ‘n pleister met gaatjies in en dan plaas jy ‘n gewone een bo-oor. Los dit oornag aan. As die vratjie heeltemal dood is, krap dit met ‘n messie af maar wees baie versigtig. As dit nog seer is, herhaal die proses.

Ekseem

In die geval wat jy met ekseem sukkel, kan die volgende wenke jou dalk help:

Nr.

Wenke

1 Gebruik salf wat zink bevat.
2 Gebruik 2 rooibosteesakkies in die badwater, elke dag.
3 Gebruik Vaseline om die gesig te smeer.
4 Smeer jou hele lyf met aqueous room,bad jouself met die room en was dit af.

Bedsere

As jy bedsere het, kan die volgende jou dalk help:

Nr.

Wenke

1 Gooi bietjie brandewyn op kweperpitte en laar dit ‘n rukkie staan tot dit ‘n jellie vorm. Smeer die geaffekteerde persoon met die jellie.
2 Klits een eierwit en voeg brandewyn by. Smeer aan die seerplekke.
3 Laat die persoon of gelooide vel lê.
4 Neem Prep en ‘n botteltjie Turlington. Meng dit goed saam en smeer aan die seerplekke.
5 Smeer heuning aan die sere.