Nr.
|
Wenke
|
1 |
Gee die siek persoon soet tee met 2ml mostert om te drink. Dit sal die persoon laat opbring en van die slym ontslae raak. Meng 1 teelepel aluin en 2 teelepels suiker goed saam. Gee die persoon elk 2 uur ‘n kwart teelepel van die mengsel in. |
2 |
Gee vir die kind sterk soutwater om te drink. Hy of sy sal die slym opbring. |
3 |
Meng 1 koppie heuning met 1 teelepel bakpoeier goed saam en gee vir die kind 1 teelepel daarvan. Dit sal die slym baie gou losmaak. Die mengsel kan in ‘n flessie met ‘n skroefdeksel gebêre word en gebruik word soos nodig. |
4 |
Meng 2 eetlepels melk en 2 teelepels gliserine. Gee dit vir die kind om te drink. Dit sal veroorsaak dat die kind opbring en die slym sal uitkom. |
5 |
Smelt 1 teelepel vaseline en gooi 20 druppels borsdruppels in. Gee dit so warm as moontlik vir die kind. Indien die kroep erg is, kan jy dit kort-kort ingee |
6 |
Sny een wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat dit staan sodat dit ‘n stroop kan trek. Gee dan 1 teelepel van die stroop elke uur om die hoes en kroep te breek. |
7 |
Was die kind se bors en hals met yswater. Dit sal help om die bors oop te maak. Droog hom goed af en maak warm toe. |
8 |
Laat die kind soveel koue water drink as wat hy of sy kan. Dit help met asemhaling. |