Vratjies

As jy sukkel met vratjies op jou lyf, kan die volgende jou dalk help:

Nr.

Wenke

1 Krap die vratjies stukkend en strooi fyn tafelsout daarin.
2 Maak ‘n stukkie houtskool fyn en meng dit met vars room tot dit pap is. Smeer dit aan die vratjie 2 maal per dag.
3 Meng ‘n bietjie sout en asyn. Smeer dit dan aan die vratjies voor jy gaan slaap.
4 Smeer die melksap van ‘n melkbos of vyeboom aan die vratjie. Dit sal jeuk maar hou aan daarmee tot die vratjie afval.
5 Smeer kort-kort pepermentdruppels, Jamaika gemmer of Tee tree-olie aan.
6 Sny ‘n ui of aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat.
7 Vat ‘n stukkie watte en doop dit in asyn. Tik dit dan aan die vratjies 3 maal per dag.
8 Verf die vratjies met kleurlose naellak. Dit versmoor die vratjie en dit sal doodgaan.
9 Vat ‘n dun suurlemoenskyfie en doop dit in asyn. Plaas dit met ‘n pleister aan die vratjie en los dit oornag. Vervang dit elke 5 dae.
10 Sit Krokasalf op. Gebruik ‘n pleister met gaatjies in en dan plaas jy ‘n gewone een bo-oor. Los dit oornag aan. As die vratjie heeltemal dood is, krap dit met ‘n messie af maar wees baie versigtig. As dit nog seer is, herhaal die proses.