Sooibrand

As jy sukkel met sooibrand kan jy die volgende probeer:

Nr.

Wenk

1 As jy weer sooibrand kry, eet dadelik ‘n piesang vir vinnige verligting.
2 Wanneer tamatie- en uiesmoor gemaak word, gooi ‘n kwart koppie melk by aan die einde en roer goed.
3 Drink 8 glase water per dag.
4 Drink twee eetlepels asyn of suurlemoensap. Jou sooibrand mag dalk vererger vir ‘n kort rukkie maar dit sal dadelik daarna verdwyn.
5 Drink bietjie koeksoda in gekookte water.
6 Meng ‘n botteltjie Turlington ,et 1 blikkie kondensmelk en neem elke oggend ‘n teelepel vol op ‘n nugter maag.
7 Suig een teelepel witsuiker.