Nr.
|
Wenke
|
1 |
Krap die vratjies stukkend en strooi fyn tafelsout daarin. |
2 |
Maak ‘n stukkie houtskool fyn en meng dit met vars room tot dit pap is. Smeer dit aan die vratjie 2 maal per dag. |
3 |
Meng ‘n bietjie sout en asyn. Smeer dit dan aan die vratjies voor jy gaan slaap. |
4 |
Smeer die melksap van ‘n melkbos of vyeboom aan die vratjie. Dit sal jeuk maar hou aan daarmee tot die vratjie afval. |
5 |
Smeer kort-kort pepermentdruppels, Jamaika gemmer of Tee tree-olie aan. |
6 |
Sny ‘n ui of aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat. |
7 |
Vat ‘n stukkie watte en doop dit in asyn. Tik dit dan aan die vratjies 3 maal per dag. |
8 |
Verf die vratjies met kleurlose naellak. Dit versmoor die vratjie en dit sal doodgaan. |
9 |
Vat ‘n dun suurlemoenskyfie en doop dit in asyn. Plaas dit met ‘n pleister aan die vratjie en los dit oornag. Vervang dit elke 5 dae. |
10 |
Sit Krokasalf op. Gebruik ‘n pleister met gaatjies in en dan plaas jy ‘n gewone een bo-oor. Los dit oornag aan. As die vratjie heeltemal dood is, krap dit met ‘n messie af maar wees baie versigtig. As dit nog seer is, herhaal die proses. |