Beskerm jouself teen die nuwe Koronavirus 2019-nCov

EDIT: Die artikel is geskryf: 31 Januarie 2020 en is nie opdateer nie. Nou, in Desember van 2020 is daar nuwe variante van COVID-19 en daar is baie additionele kennis en nuus. Sien asb ook die SA Regering webwerf oor Covid-19 – Hier volg die oorspronklike artikel van Januarie 2020 :

Die nuutste koronavirus, 2019-nCov, skyn nie so dodelik soos MERS of SARS te wees nie en tans lyk dit vir die Wereld Gesondheids Organisasie (WGO) dat die persentasie van mense wat sterf aan die Koronavirus 2019-nCov sowat 3 persent beloop. (Tans sterf ongeveer 3 uit elke 100 mense onafgesien van behandeling en hospitalisasie – hierdie syfer kan verlaag/verhoog soos die infeksie versprei deur die wereld)

Dit lyk ook asof die virus spesifiek baie dodelik is vir ouer mense en mense met longkwale en ander chroniese siektes.

Die huidige behandeling vir die koronavirus is retrovirale medikasie en behandeling van die simptome. Sien ook die boere webwerf afdeling or virale infeksies

Volgens die WGO kan jy jouself beskerm teen die nuwe koronavirus deur te verhoed dat jy in kontak kom met draers van die virus en dat jy ook beskermende drag (maskers, handskoene en uitrusting) dra wanneer jy met mense en diere in aanraking kom wat blootgestel was aan die virus.

Hier is ‘n meer omvattende artikel oor beskerming teen die koronavirus: