Bloukolle en Kneusplekke

Jy kan dalk bloukolle en kneusplekke verhoed volgende wenke na te gaan:

Nr.

Wenke

1 Maak stysel en water aan tot dit ‘n pap vorm. Sit op die kneus of stamplek en dit sal verhoed dat die vel verkleur.
2 Om te verhoed dat ‘n bloukol vorm waar dit geel is of waar jy jou gestamp het, smeer dadelik botter aan.
3 Smeer samboksalf dik aan die kneusplek en maak dit toe met ‘n lappie.
4 Stamp 3 stukkies gemmer en ‘n halwe wit ui. Voeg twee eetlepels growwe meel en 2 eetlepels brandewyn by om ‘n mengsel te vorm. Plaas die mengsel op die kneusplek.
5 Jy kan rou vleis op kneusplekke plaas.
6 Week ‘n wattepluisie in asyn en plaas dit op die kneusplek. Laat dit op die kneusplek bly vir ongeveer ‘n uur.