You are currently viewing Eelte

Eelte

As jy sukkel met eelte, kan jy die volgende doen:

  • Week jou voete elke aand in baie warm water  en droog dit goed af. Smeer geel waghries aan ‘n lappie in strooi fyn tafelsout daarop. Bind dit om die voet en gaan slaap so. Herhaal die proses totdat die eelt weg is.
  • Gooi 1 koppie growwe sout in ‘n halwe koppie lampolie. Skud aanhoudend tot dit opgelos is. Smeer dit soggens en saans aan die voete.
  • Maak ‘n klein botteltjie aspirien pille soos Disprins goed fyn. Meng dit met 1 bottletjie reuklose vaseline. Smeer dit soggens en saans aan die eelte.
  • Meng die volgende saam in ‘n botteltjie: 1 eetlepel kasterolie, 1 eetlepel gliserien en 1 eetlepel jodium. Week eers die voete in warm water met koeksoda in. Droog jou voete goed af. Smeer die mengsel elke oggend en aand aan die voete en die pyn sal gou verdwyn.
  • Smeer kamferolie 3 keer ‘n dag aan.
  • Smeer 3 maal ‘n dag asyn op die eelte.
  • Smeer elke aand na jy gebad het, tandepaste aan die eelte.
  • Smeer soggens en saans terpentyn aan die eelte. Hulle sal uitdroog en uitval.
  • Vat die skil van ‘n piesang en sny dit so groot soos die eelt. Plaas die binnedeel op die eelt en maak dit toe met ‘n kleefpleister. Maak seker dat die skil nie skuif nie en vervang dit na ‘n paar dae.