Sonbrand

Indien jy sonbrand opgetel het, kan hierdie paar wenke jou dalk help:

  • As jy oor jou hele liggaam deur die sond gebrand is, vat jy ‘n koel bad met een koppie asyn. Dit verlig die brand gevoel.
  • Bad in koue water met ‘n bietjie koeksoda.
  • Gebruik ‘n ligte pasta van koeksoda om sonbrand the behandel.
  •  Jy kan Aloe-Vera gebruik as jy deur die son gebrand is.
  • Smeer melk of yoghurt aan waar die son jou gebrand het.
  • Maak ‘n groot kastrol sterk rooibostee, gooi dit in die badwater en bad daarin.
  • Smeer komkomersap aan waar jy gebrand het.