Alleelfrekwensies van AVPR1A en MAOA in die Afrikaner-bevolking

  • Post category:Nuus

Die Afrikaner bevolking is hoofsaaklik gestig deur Europese immigrante wat in Suid Afrika in 1652 gearriveer het. Egter, kan dit vroulike slawe vanuit Asië, Afrika en die plaaslike Khoi San wees wat soveel as 7% bygedra het tot die gene van die bevolking. Die variasie tussen twee tandem herhalings is gekwantifiseer om te sien of hierdie historiese stigter effek en/of vermenging opgespoor kon word. Die twee lokusse is gekies omdat hulle die promotors van gene of neurotransmitters is wat bekend is om gekorreleer te word met sosiale gedrag.

Spesifiek, het arginien arginienvasopressien reseptor 1A se (AVPR1A) RS3 lokus getoon dat ouderdom, seksuele aanvang en geluk ooreenstem in vaste verhoudings terwyl die tandem herhaling in die promotor van die monamine oxidase A (MAOA) gene ooreenstem met reaktiewe aggressie. Die Afrikaner bevolking het meer AVPR1A RS3 allel bevat as ander bevolkings,  wat ‘n potensiële geskiedenis van vermenging vertoon.  Selfs al het die Afrikaner bevolking die laagste aangetekende nie-vaderskap in die wêreld, het die bevolking geen verskil van die AVPR1A RS3 lokus in ander Europese bevolkings gehad nie, wat dui op ‘n nie-genetiese verduideliking, vermoedelik godsdiens, vir die lae nie-vaderskap koers.

Deur die bevolking allel-frekwensie spektrum te vergelyk ,is daar gevind dat ander studies die AVPR1A RSA allel verwar het en daar is idees gegee hoe om hierdie foute reg te maak in toekomstige studies. Terwyl MAOA allel frekwensies tussen rassegroepe verskil, is daar geen bewyse van vermenging in die Afrikaner bevolking.

Trouens, Afrikaners het 4 meer herhalende allee as ander bevolkings van Europese oorsprong, nie minder nie. Die 4 herhalende allee kon dalk gekies word tydens kolonialisme.

Bron: Suid Afrikaans Joernaal van Wetenskap