Griep en Verkoue

Griep is ‘n baie aansteeklike virus en is baie erger as ‘n gewone verkoue. baie van die simptome van griep is baie dieselfde as die van verkoue maar verkoues is nie virusse nie.

Daar is vier hoof groepe griep virusse, hulle word A, B, C en D genoem. Onder die Groepe A en B val ook die gewone jaarlikse griep.

Die Groep A virusse is baie meer aansteeklik en onder die A groep is daar verdere verdelings in H (Hemaglutinin) en N (Neuramidase) – byvoorbeeld H1N1. Party sub tipes is baie meer gevaarlik vir jong kinders en ou mense.

Die Groep B virusse het nie sub tipes nie, maar word verdeel na aanleiding van familie en hoof tipes.

Jong kinders en ouer mense moet liefs die jaarlikse virus inspuiting ontvang omdat dit hulle beskerm teen die ergste simptome van die jaarlikse virus.

Boererate met betrekking tot infeksies is ook elders op hierdie webwerf, maar die beste raad vir verkoue en griep is om te rus en goed te hidreer (Bly by die huis, drink meer vloeistof tesame met bed rus).

Gaan sien onmidellik jou mediese dokter as daar ernstige simptome soos sukkel om asem te haal, of pyn voorkom.