Bestandele
1 kg lam maalvleis (kry by slagter of gebruik maar bees)
80 gram boere brood
1,5 koppies volroom melk
‘n paar uie
lourier blare (bay leaves)
6 lepels regte volroom botter
4 lepels matige kerrie
1 Lepel Borrie (Gemmer)
6 lepels appelkoos konfyt
halwe teelepel koriander
kwart koppie gedroogte rosyne
4 plaas hoender eiers
kwart koppie tafel wyn (wit of rooi)
sout
peper
Metode
maak eers die maalvleis vulsel:
In ‘n braai pan, voeg by:
- 6 lepels regte volroom botter
- ‘n paar gerasperde uie
- 4 lepels matige kerrie
- 6 lepels appelkoos konfyt
braai tot gaar
in ‘n mengbak:
- rasper die brood oor die maalvleis
- voeg die wyn by
- strooi halwe telepel koriander en ‘n lepel borrie oor die mengsel
- voeg gedroogte rosyne by
- voeg sout en peper by, na smaak
- meng die bestandele goed saam
voeg die maalvleis mengsel saam met die uie mengsel
en braai tot die maalvleis net begin kleur verander
(nie te lank nie)
in ‘n mengbak:
- gebruik ‘n vurk en klits die 4 eiers deurmekaar,
- voeg tweek koppies volroom melk by en klits nog met die vurk vir ‘n minuut of twee
In ‘n oondbak,
- skep eers helfte van die maalvleis en uie mengsel uit in die oondbak in en vryf gelyk met ‘n vurk
- pak ‘n paar lourier blare uit bo-op skep dan die res vna die maalvleis en uie bo-op uit en stryk weer plat.
- dan, voeg die melk en eier mengsel stadig en eweredig oor die maalvleis en uie mensel (gooi uit oor die agterkant van ‘n lepel)
- Sit die oondbak in die oond teen so 160 grade celcius vir omtrent vyftien na twintig minute.
Krediet: Andre Coetzee