Boer Bobotie

Bestandele

1 kg lam maalvleis (kry by slagter of gebruik maar bees)
80 gram boere brood
1,5 koppies volroom melk
‘n paar uie
lourier blare (bay leaves)
6 lepels regte volroom botter
4 lepels matige kerrie
1 Lepel Borrie (Gemmer)
6 lepels appelkoos konfyt
halwe teelepel koriander
kwart koppie gedroogte rosyne
4 plaas hoender eiers
kwart koppie tafel wyn (wit of rooi)
sout
peper

Metode

maak eers die maalvleis vulsel:
In ‘n braai pan, voeg by:

  • 6 lepels regte volroom botter
  • ‘n paar gerasperde uie
  • 4 lepels matige kerrie
  • 6 lepels appelkoos konfyt

braai tot gaar

in ‘n mengbak:

  1. rasper die brood oor die maalvleis
  2. voeg die wyn by
  3. strooi halwe telepel koriander en ‘n lepel borrie oor die mengsel
  4. voeg gedroogte rosyne by
  5. voeg sout en peper by, na smaak
  6. meng die bestandele goed saam

voeg die maalvleis mengsel saam met die uie mengsel
en braai tot die maalvleis net begin kleur verander
(nie te lank nie)

in ‘n mengbak:

  1. gebruik ‘n vurk en klits die 4 eiers deurmekaar,
  2. voeg tweek koppies volroom melk by en klits nog met die vurk vir ‘n minuut of twee

In ‘n oondbak,

  1. skep eers helfte van die maalvleis en uie mengsel uit in die oondbak in en vryf gelyk met ‘n vurk
  2. pak ‘n paar lourier blare uit bo-op skep dan die res vna die maalvleis en uie bo-op uit en stryk weer plat.
  3. dan, voeg die melk en eier mengsel stadig en eweredig oor die maalvleis en uie mensel (gooi uit oor die agterkant van ‘n lepel)
  4. Sit die oondbak in die oond teen so 160 grade celcius vir omtrent vyftien na twintig minute.

Krediet: Andre Coetzee