You are currently viewing Boere Seep

Boere Seep

Resep vir boere seep

Een emmer leem water (ongeveer 4 liter)

Reenwater word kollekteer (reenwater is sagter as rivier water, harde water sal seep maak wat nie skuim nie)

  • Koue (afgekoelde) wit gebrande harde hout (nie sagte hout nie) as van die vuur word kollekteer (nie die swart kool nie, net die wit vlokkies)
  • Neem ‘n groterige hout kraffie of groterige hout balie (houer) en plaas middelslag rivier klippies onder aan. Plaas dan gedroogte lang gras bo-op die laag klippies.
  • Vul dan die houer amper tot bo, met die wit as. Los so handbreedte oop bolangs. Pers die as liggies saam (druk dit af na onder)
  • Maak ‘n gaatjie heel onder onderaan die balie en plaas ‘n kurk prop daarin.
  • Maak die reenwater net warm (dit moet nie kook of stoom nie). Voeg dan reenwater by die as, tot die as begin dryf bo aan.
  • Maak die balie toe en laat staan vir ‘n paar dae.
  • Gebruik ‘n klei pot ( of porseleen/glas bak) om die vloeistof wat onder uit die balie kom, op te vang en wag geduldig vir die paar ure wat dit neem vir alles om uit te loop. (Die vloeistof is leem suur en kan jou vel lelik brand, so werk baie versigtig daarmee.)
  • Om die sterkte te toets kan mens ‘n eier bo op plaas, (of ‘n gewaste artappel) as dit dryf (sodat net ‘n stukkie uitsteek) dan is die mengsel sterk genoeg. Gebruik ‘n lepel om die drywende eier of artappel te vinnig te verwyder.
  • As jou eier of artappel nie dryf nie, gooi die vloeistof weer bo in die balie, sodat dit weer ‘n keer deur die as loop. herhaal tot die eier bo-op dryf.
  • Jy kan ook die vloeistof verhit op die vuur voordat jy dit weer deur die balie laat loop.

 

Twee ponde opgekookte vet

Sny dier vet in repe. Voeg die vet in ‘n yster pot met genoeg water. Kook en roer tot opgelos. Laat afkoel en skep die wit vet uit.

Twee eetlepels asyn

laat staan die soet sap van vrugte vir ‘n paar maande in ‘n vles. Gebruik twee eetlepels van die asyn vir die boere seep resep.

Boere Seep Proses

Meng twee telepels sout in ‘n halwe koppie water, roer goed en laat eenkant staan.

Plaas die emmer leem water en twee pond vet in groot yster pot

Voeg asyn by en kook tot die leem grys en slymerige tekstuur het

Voeg nou die halwe koppie sout water by en roer mooi in.

Skep die gryserige skuim bo op af en gooi die mengsel uit in bakke in om styf te word.

Laat staan vir ‘n paar dae voor gebruik. Die boere seep moet eers vir ‘n paar dae staan, na ‘n paar weke is dit eers goeie boere seep.

Om leem water maklik te stoor kan jy dit ook uit droog: Plaas die vloeibare leem suur in vlak klei bakke, in die son. Wag tot al die vloeistof verdamp het. Wat agterbly is wit kristal poeier wat gestoor kan word in porseleen bakke.