Deafinitely Boeretroos

Meeste van ons geniet ‘n warm koppie koffie vroeg in die oggend, veral die vars reuk van gemaalde koffie bone. Deafinitely is een van die stalletjies wat uitstaan. Dit is ‘n koffie stalletjie wat organiseerd en gehardloop word deur dowe mense. Deafinitely is ‘n registreerde nie-winsgewende maatskappy wat poog om dowe gemeenskap volhoubaar te bemagtig deur opleiding, werkskepping en ondersteuning! Doof is definitief nie dom nie!

Deafinitely wil mense met gehoorgestremdheid se hande sterk maak, sodat hulle deur Deafinitely hulle gawes kan uitleef en as mense kan floreeer. Liefdevol en saam-laggend.

Die koffie stalletjie is gelee aan 665 Moreleta Street, Silverton, Pretoria, wat deel is van Pretoria Boeremark.

Hulle spyskaart het wye opsies om van te kies om te drink. Hulle bedien tien verskillende drankies vir die koue oggende: Espresso, Americano, Cappucino, Cafe Latte, Flat White, Decaf, Hot Chocolate, Ys koffie, Vyf Rose Tee, Rooibos Tee. Letwel, hulle bedien nie net drankies nie, daar word ook tuis gebakte koekies, beskuit en quiches gebak teen spot-goedkoop pryse.

Hulle doel is om mense te leer dat dowe mense net so goed werk en funksioneer soos enige ander persoon. Hulle het ‘n kaart op die stalletjie wat verduidelik hoe om met ‘n dowe persoon te kommunikeer.

Hoe gesels ek met ‘n dowe persoon?

  1. Dowe persone is mense. Hanteer hulle met respek, as gelykes.
  2. Hou oogkontak. Moet nie teveel rond kyk of jou mond toe te hou terwyl jy met hulle praat nie. Dowe gebruik hoogs liplees.
  3. Beligting is belangrik. Staan in goeie lig sodat hulle jou duidelik kan sien.
  4. Praat duidelik, sag en geleidelik.
  5. Skryf neer. As jy nie regkom om met hulle te kommunikeer nie, skryf dit neer.
  6. Gebruik kort sinne.
  7. Herhaal indien nodig. Moet nie frustreerd raak as die persoon jou nie verstaan nie, herhaal jou sinne en wees nederig teenoor hulle nadeel van gehoor.
  8. Aanvaar dat dinge ongemaklik kan raak en dit is normaal. Kommunikasie is ‘n uitdaging tussen twee mense wat verskillende tale praat.

Kom gerus deur na Deafinitely toe vir ‘n warm drankie in Pretoria Boeremark. Dit is ‘n geleentheid wat jy nooit sal vergeet nie.