Slaaploosheid

Die top boere raat vir slaaploosheid is om laventel olie te ruik elke 15 minute in die uur voordat jy gaan slaap.

“Chamomile” tee voor jy gaan slaap, of vir behandeling van stres en senuwee kwale, is ‘n Britse ding en het saam met die Engelse arriveer (Die Engelse het die by die Egiptenare gekry en aangeneem)

Traditioneel het boere baie met hul hande en fisies gewerk en het hulle nie baie tyd of gerief gehad om oor baie onbelangrike goedjies te dink, kwel en te bekommer nie.

Traditioneel het boere relatief vaste slaap patrone gehad en tyd vir slaap was tyd vir slaap en tyd vir wakker was tyd vir wakker. Moderne mense kan gesonde en vaste patrone nastreef en elke dag rondom dieselfde tyd opstaan en gaan slaap.

Algemeen bekende informasie oor slapeloosheid

Slaap in ‘n donker en stil kamer (of kry vir jou oog ‘blinders’ en oor pluisies)

Vermy skerms en skerp lig (inkluis TV)

Jou emotionele toestand ‘n groot invloed het in jou slaap patroon as jy spanning en stres het deel daarmee, kanse is dat jou slapeloosheid nie sal verbeter voordat jou stress verander of verminder nie. Aanvaar dat die probleem nie slaap is nie maar die probleem of probleme wat die slapeloosheid veroorsaak: Sien ‘n professioneel gekwalifiseerde persoon, soos ‘n sielkundige, maatskaplike werker of ander berader of sluit aan by ‘n ondersteunings groep.