You are currently viewing Griep en verkoues
Colds and Flu

Griep en verkoues

Die volgende boererate kan jou dalk help as jy aan griep en verkoues ly:

Nr.

Wenk

1 As jy koue hande het, hou jou polse vas. Jou hande sal gou warm word.
As jy gereeld heuning gebruik, sal dit jou help om verkoues en griep te vermy. Heuning is a natuurlike bevegter van kieme.
2 Meng 1 bottel pepermuntdruppels, 1 bottel roulynolie, 1 bottel borsdruppels en 1 bottel heuning. Drink dit drie maal per dag.
3 Meng 1 koppie kookwater met 2ml gemmer en 1 teeleped krematart. Voeg genoeg suiker by om dit smaaklik te maak. Drink dit so warm as moontlik, klim in die bed en hou jouself warm. Jy sal die verkoue uit sweet.
4  Meng een teelepel heuning, ‘n kelkie asyn en kelkie water. Gorrel daarmee soos nodig.
5 Neem 1 groot lepel heuning. Voeg die geel van 1 eier en 20 druppels borsdruppels en klits goed tot dit deurgemeng is. Neem ‘n teelepelvol elke drie ure.
6 Neem een koppie kookwater en voeg die sap van een suurlemoen by. Drink as jy bed toe gaan. Jy kan dit ‘n paar aande gebuik en dit breek die verkoue.
7 Saans as jy bed toe gaan, kan jy ‘n mespunt koeksoda op twee eetlepers kookwater sit. Laat dit effens afkoel en drink. Die mengsel kan ook gebruik word om in die neusgate in te spuit, ongeveer 20 druppels in elk.
8 Smeer die bad se rand met Viks, maak vol warm water, hou die badkamer deur toe sodat dit kan stoom. Vryf dan Vicks op jou bors, rug en onder jou voete. Klim in die bad. As jy klaar is, trek warm aam, klim in die bed en rus.
9 Ingeval jy ‘n toe neus het, sit 1 teelepel heuning in ‘n skottel kokende water. Maak jou kop toe met ‘n handoek en haal diep asem.
10 Vir kop verkoues, voeg ‘n kwart koppie asyn by die water waarmee jy stoom. Buk oor die kottel, gooi ‘n handoek of kombers oor jou kop en haal diep asem om die stoom in te neem. Dit help baie om kop verkoues te verlig en die geblokte gevoel te laat verdwyn.
11 As jy saans in die bed klim, gooi ‘n bietjie bloekomolie op jou kussing. Jy asem dit in terwyl jy slaap en dit verlig jou verkoue simptome.