Algemene borskwale

Die volgende boererate kan jou dalk help met enige algemene borskwale wat jy het:

Nr.

Wenk

1 As jou bors te en benoud is, smeer Zambok salf aan die bors of op ‘n lappie wat jy teen die bors sit. Hou dit warm. dit sal help om die bors oop te maak.
2 Die volgende mengsel sal help algemene borskwale soos hoes, brongitis en meer. Dit help om slym los te maak en dit verlig ook ‘n droë hoes. Dit verminder ook die sinus alym en beheer die “Post Nasal Drip.” Meng die volgende in ‘n groterige glasbottel met ‘n digte skroef deksel: 1 botteljie Lennon Paragora, 1 botteljie Lennon Turlington, 1 botteltjie Lennon Ipekakaunawyn, 1 botteljie Lennon Borsdrukppels, 1 botteljie roulyn olie and ‘n halwe bottel heuning. Meng dit deeglik todat alles in die heuning vermeng is. Neem een eetlepel vol, soggens en saans. Let asb op dat kinders tussen drie tot agt jaar, net ‘n halwe eetlepel moet neem.
3 Meng heuning en suurlemoen sap in gelyke dele en neem dit wanneer jy hoes.
4 As jy ‘n toe of benoude bors hetm kan jy met kamferolie oor ‘n bak stoom. jy gebruik net 5 druppels in kokende water en jy moet onthou om jou warm te hou.